Kruger Lodge Mpumalanga
Machadodorp – Op die High Five Staproetes Mpumalanga
Historiese lodge waar President Paul Kruger self tuisgegaan het tydens die Anglo-Boereoorlog. Oor die jare is dit gerestoureer en opgeknap, en staan vandag trots as ‘n kombinasie van oud en nuut.
Geniet die bosveld, gesellige aande om die kaggel en rustige wegbreek-aktiwiteite.
Aktiwiteite:
Staproetes
Vlieghengel (bring jou eie toerusting)
Voëlkyk
Sundowners
Geriewe:
Eskom-krag
Volledig toegeruste kombuis (geen oond)
Sitkamer, eetkamer en stoep met kaggel
Verblyf:
4 En-suite kamers (8 gaste)
2 Vlerkkamers in ou stalle (Yatagan en Jamaican Music)
Beddens en handdoeke ingesluit
Kom maak jou siel rustig en laai nuwe energie in hierdie historiese juweel omring deur die bos en sterre.

Paul Kruger Lodge Mpumalanga