Post by Sakpas Verblyf on
Selfsorg & Kampering, KwaZulu-Natal Mtwalumi is hoofsaaklik 'n vakansie- en plesierhengeldorpie, met 'n algemene voorkoms van 'n beboste omgewing met talle inheemse flora en fauna. Die hoofaantreklikheid, benewens die strand, is die Mtwalumerivier wat 'n ongerepte strandmeer vorm terwyl dit seewaarts vloei. Die strand, binne 700m van die oord af, het rots swempoele waar jy kan swem, snorkel, of net afkoel tydens laagwater. Daar is ook 'n getypoel wat tussen die rotse lê, met 'n lang natuurlike strand noord van die poel. Ons het uitstekende rots- en kusvisvangplekke waar jy enige iets kan teiken, van panvis tot gesogte wildvis en selfs haaie! Die Mtwalumi Ski-bootklub bied 'n veilige lanseerplek en hou 'n jaarlikse visvangkompetisie. Ons veilige en beveiligde oord is 1 uur van Durban en die Wild Coast Sun geleë. Die groter dorpe, Port Shepstone en Scottburgh, is onderskeidelik 35km suid en noord van die oord. Hibberdene, net 8km weg, bied al die basiese inkopiebehoeftes. Verder suid … Read more