Vaalrus Vakansie Oord – Ontspan en Geniet aan die Oewer van die Vaalrivier As jy op soek is na 'n eenvoudige en rustige wegbreek, is Vaalrus Vakansie Oord die ideale plek. Hier wag lekker, ontspanne verblyf aan die oewer van die Vaalrevier, perfek vir gesinne, vriende en visvang-liefhebbers wat net wil wegkom van die alledaagse gejaag. Verblyfopsies: Kampeerplekke met Krag: Bring jou tent of karavaan en kom kamp gemaklik met elektrisiteit en genoeg ruimte vir almal. Rondawels en Woonstelle: Die rondawels en woonstelle is eenvoudig en netjies, met genoeg gerief vir 'n lekker rustige naweek weg. Ablusie Geriewe: Nette en skoon ablusieblokke is naby geleë, sodat jy maklik kan bad en jou gemak kan geniet. Geriewe vir Oud en Jong: Swembad en Babapool: Kom koel af in die swembad of geniet tyd saam met die kleingoed in die babapool. Supertube: Pret vir almal – gly die dag weg op die supertube. Putt-Putt: ’n Rustige speletjie putt-putt is net die ding om die dag mee af te sluit. Speelpark … Read more